DIE lewe is ’n malende kolk, word daar mos gesê. Maar een keer elke nou en dan, soos met die koms van Paasnaweek, kom die dolle gejaag vir net ’n oomblik tot ’n stilstand – dan is dit tyd vir liefde, samesyn . . . en paaseiers!
Marciel Hopkins, Carina Nel, Ingrid en Denver Vraagom en Greteli de Swardt vertel wat Paasfees vir húlle spesiaal maak.
MARCIEL HOPKINS
Wat is julle Paasnaweekplanne?
Ons is opgewonde oor Paasnaweek dié jaar, want my skoonsussie, Marelize, haar Italiaanse man, Valerio, en hul drie kinders, Christian en sy tweelingsussies, Nicole en Chloë, kom kuier spesiaal uit Italië by ons in die Kaap. Ek sien baie uit na die kosbare tyd saam, want tot kort voor dit is ek druk besig met die opname van…
