PRIVAAT vliegtuie, vyfsterhotelle, ’n kas vol ontwerpersklere . . . Dit klink soos die lewe van ’n skat r y k oliemagnaat eerder as ’n piepklein, stertswaaiende vlooimagneet. Tog is dít die werklikheid vir hierdie chihuahua.
Die driejarige Bao reis graag die wêreld vol saam met sy eienaar, Xa Thi Ngoc Tran. Sy trek hulle dan in bypassende uitrustings aan, en deel hul av-hond-ture aanlyn.
“Ek wil nie sonder hom reis nie, want hy is my hondebaba,” sê Ngoc, van Toronto, Kanada. “Hy gedra hom só goed op vlugte, en geniet die bohaai wat hulle oor hom in die kajuit maak.”
Sy het ook ’n Facebook-blad vir hom geskep, en skryf dan namens hom allerhande boodskappies. Daarop beskryf sy klein Bao, wat die skaal op net 2,72 kg trek, as…
