SY IS die lewende bewys dat jou oë kán bedrieg. Want uiterlik is dit ’n bejaarde vrou wat jy hier voor jou sien sit, haar vel soos brose perkament oor die tenger lyf gespan.
Maar wanneer sy gesels, besef jy opnuut daar is ’n lewenslustige tiener binne dié liggaam – en sy het vir jou houding, hoor!
“Ek lyk dalk anders,” begin sy die gesprek, “en my liggaam lyk dalk ouer as wat ek is. Maar ek staan my man, hoor. Vra maar rond op TikTok, my comebacks is vinnig!”
En met die ys nou gebreek, maak die glimlaggende Beandri Booysen haar op die bonkige rusbank gemaklik vir die groot gesels. Selfoon, blou energiedrankie en lipsalf binne bereik, soos enige ander tiener.
Beandri het min bekendstelling nodig. Die land het…
