Ons kan groot syfers op twee skale tel. Die eerste is deur die ou Franse uitgedink: duisend, miljoen, miljard, biljoen, biljard, triljoen, ens. Dit vat lank om bo te kom, so dis die lang skaal. Afrikaans het hom geërf.
Die kort skaal loop so: duisend, miljoen, biljoen, triljoen, ens. Baie mense dink dis Amerikaans, maar nee. Ander ou Franse het hom óók uitgedink. Amerika het dit by hulle gevat, maar teen die middel van die 20ste eeu het al die soorte Engels dit omarm.
Afrikaans is ’n klein “langskaal”-taal in ’n groot “kortskaal”-land. Ons miljard is die Engelse “billion”. Ons biljoen is die Engelse “trillion”.
So 1 000 miljoen is 1 miljard in Afrikaans, maar “1 billion” in Engels. ’n Biljoen in Afrikaans is ’n syfer so groot, jy moet…