OOSTERSE SLAAI
GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. / GAARMAAK: SOWAT 7 MIN.
Kikker ’n verskeidenheid groenigheid op met repies pynappel, avokado, gesoute neute en noedels.
SLAAISOUS
◗ 80 ml (⅓ k) soesji-ryswynasyn◗ 30 ml (2 e) balsemieke asyn, bosbessiegeur◗ 60 ml (¼ k) kanolaolie◗ 15 ml (1 e) sesamolie (opsioneel)◗ 5 ml (1 t) sagte bruinsuiker
SLAAI
◗ 250 g soba-noedels, volkoring-Chinese noedels of eiernoedels◗ 150 g groen blare soos bronkors, babaspinasie en roket◗ 1 Libanese komkommer, in skyfies gesny◗ 1 avokado, in repies gesny◗ ’n halwe pynappel, in stokkies gesny◗ 4 hande vol vars kruie soos koljander, ment en basilie◗ 4 stingeluie, in dun ringe gesny◗ ’n groot hand vol geroosterde gesoute gemengde neute (amandels, pekanneute, kasjoeneute, Brasiliaanse neute)
1 Slaaisous Klits al die bestanddele goed…
