EEN aspek van Suid-Afrikaanse rugby bly wêreldklas: die gehalte van ons spelers se byname.
Ek twyfel of enige sportsoort ter wêreld – rofstoei inkluis – al sulke pragtige byname opgelewer het.
Luister net na die name wat opduik: Doppies la Grange, Fudge Mabeta, Bakkies Botha, Beast Mtawarira…
Die groot vraag is hoe sou ’n Springbokspan lyk wat net op grond van die gehalte van die spelers se byname gekies word?
Daar is so baie talent, die keurders sal waarskynlik ’n proefwedstryd moet hou, soos die Moontlikes teen die Waarskynlikes destyds.
Een span kan bestaan uit spelers met dierebyname, soos Adoons van Heerden, Koei Brink, Vlooi van Rooyen, Otter Nieuwoudt, Ponie van der Westhuizen, Apie Gericke, Varkhond Grobler, Sharkey Theron, Jaguar de Jager, Jakkals Keevy, Kriek Erasmus, Duif Meiring, Houtperd van…