1 HOE ROOIER, HOE MOOIER
Staan opsy, Barbie! Pienk is só verlede jaar, want rooi oorrompel die skoonheidswêreld vanjaar weer. Skakerings van rooi maak oral hul verskyning – van die rooitapyt en loopplank (by die Dolce & Gabbana-modevertoning, waar rooiwarm lippe die kollig gesteel het) tot by Amerikaanse voetbalwedstryde (te danke aan Taylor Swift se rooi lipstiffie en naels).
Kersierooi is een van die gewildste skakerings van die seisoen, maar wees ook op die uitkyk vir tamatie- en papawerrooi. Dis klassiek, o so sjiek, en geskik vir enige voorkoms.
2 BALLERINA-BETOWERING
Dis romanties, grasieus en elegant. Vroulik en sag. Jeugdig en eenvoudig. Hoe kry jy die ballerinavoorkoms? Met ’n netjiese bolla, ’n vel met ’n rosige, douerige voorkoms, en naels wat in melkerige kleure gemanikuur is. Gebruik bloospienk, sagte roos,…
