‘AS JY OOR 20 OF 50 JAAR OF WAT OOK AL OOR MY WOU LEES – AS DAAR NOG ’N WÊRELD IS – IS HIERDIE MY WOORDE. DIS MY GEDAGTES’ DALK is dit die invloed van haar kleinkinders, dalk is dit omdat sy 81 is, maar Barbra Streisand is oop vir nuwe dinge. Soos om te deel. Oftewel om iets van haarself te deel.
My Name Is Barbra, haar boek van memoires, is op die rakke. Dis 970 bladsye vol twyfel, woede, hartstog, seerkry, trots, oortuiging, glorie en Jiddisj. Ek dink nie enige kunstenaar het al meer oor hulself gedeel nie.
En tog, ná middagete in haar huis in Malibu deel Barbra nog iets, ’n skat wat sy amper net so streng bewaak as wat sy al die jare die…