OPLETTENDHEID
Ma help vir klein Pietie met sy huiswerk. “Pietie, wie was Albert Einstein?”
Pietie: “Ek weet nie, Ma.”
Ma, kwaai: “Mannetjie, jy moet ’n bietjie meer aandag aan jou skoolwerk gee!”
Pietie, snipperig: “Ma, wie is tannie Amanda?”
Ma: “Nee, ek weet nie.”
Pietie: “Ma moet ’n bietjie meer aandag aan Pa gee!”
JUJU, JOHANNESBURG
DRUPSGEWYS
Die motoris stop by die vulstasie.
“Hoeveel kos een druppeltjie petrol?” vra hy die petroljoggie.
“Niks nie, meneer,” antwoord die joggie verbaas.
Motoris: “Goed dan, drup my tenk vol, asseblief!”
HESTER, NAMIBIË
SLEGTE RAAD
Die man kla hy word soggens met ’n hoofpyn wakker en die dokter beveel aan hy slaap met ’n oop venster om meer lug te kry.
Ná twee weke bel die dokter hom. “En toe, is jy al ontslae…