Die aktrise en TV-aanbieder NADIA BEUKES en haar man, DAVID DE VILLIERS, met hul seuns, JOSHUA (3) en DAVEY (5). “Ons seuns is groot PAW Patrol aanhangers,” sê Nadia. “Ons sing die temalied saam uit volle bors en hou daarvan dat die storielyne altyd op probleemoplossing fokus.”
Deel van die pret was ’n hondeskou, en Miss Vicky die chihuahua en Ragnar die Deense hond was saam met hul eienaars, die radioaanbieder SUE PYLER-SLABBERT en haar man, FRANCO, daar. “Om saam met my honde daar te wees was ’n uitdaging,” bieg Sue. “Miss Vicky is byna 12 jaar oud en was heeltemal in haar gemaksone, terwyl Ragnar uitgefreak het, want hy kom baie min tussen ander honde en mense.”
Die radio-en televisiepersoonlikheid ROZANNE McKENZIE met haar spruite, FALLON (6) en JAMES…