1 Bennie wou nog altyd ’n reeks skryf, self daarin speel en die regie daarvan behartig.
“Dit was vreemd vir ’n dag, maar deeglik beplan en met my mederegisseur, Beer Adriaanse, se fyn oog het dit op die ou end lekker gewerk,” sê Bennie.
2 Dit was ’n klein Hotel-reünie met Bennie Fourie, Schalk Bezuidenhout en James Borthwick voor en Beer (wat Thomas in Hotel gespeel het) agter die kameras.
3 Ander akteurs wat in gasrolle te sien is, sluit in Donnalee Roberts, Leandie du Randt, Devonecia Swartz, Antoinette Kellermann en André Weideman.
4 Bennie is mal daaroor om mense te laat lag. “As jou vriende lag, is die kans goed dat ander mense dit ook sal geniet,” sê hy.
5 Sowel Regardt Botha as Johan Cronje (redigeerders van Hotel), was die redigeerders vir…