DIE Afrika-olifant is die grootste soogdier op land en kan tot sowat 70 jaar oud word. Asiatiese olifante lyk dalk eenders as hul Afrika-nefies, maar die Afrikaolifant is groter, met groter ore en meer hare op sy lyf. Olifante word dikwels as aggressiewe diere beskou, maar hulle is eintlik sagmoedige reuse en baie emosionele wesens. Dis die enigste dier wat rou oor die dood, en hy trompetter wanneer hy huil of ontsteld is.
GROOT EETLUS
Olifante kan 90-270 kg se plante en 190 liter water elke dag eet en drink.
GROOTSTE OLIFANTTAND
Die grootste tande wat al ooit gevind is, was 3,5 m lank en het 120 kg elk geweeg.
OU GROOTVOET!
Die olifant het groot, ronde pote wat tot 50 cm lank en 1,3 m breed is. Die pote…