WORD AKTIEF
Oefening is soos ’n towerpil wat jou gemoed lig en jou meer woema gee.
EET ORDENTLIK
Mark Sisson, ’n Amerikaanse gesondheidsblogger en skrywer van The Primal Blueprint, sê die beste dieet vir vroue in hul middeljare is “die klassieke paleo-dieet: maer vleis, vrugte, neute, groente, eiers, bessies en vis. Geen grane, peulplante, suiker, suiwel, aartappels of soutmiddels nie. Kry 40 persent van jou energie van vet, 30 persent van proteïen en 30 persent van koolhidrate.” Hy beveel groentee aan, asook groen blaargroente. En, sê hy, eerder te veel hoëvet en proteïen as te veel koolhidrate.
PRAAT DAAROOR
Vreemd genoeg word daar steeds nie oor die menopouse gepraat nie. Begin met jou vriendinne gesels, vertel jou lewensmaat hoe jy voel of sluit by ’n aanlynforum aan.
DRINK MINDER
Daardie…