Huisgenoot Tempo

Tempo 4 - 2012

Huisgenoot Tempo is gemik op Afrikaanse musiekliefhebbers van alle ouderdomme– of die leser nou sewe of sewentig jaar oud is, hy/sy sal interessante artikels oor Afrikaanse kunstenaars in alle genres kry. Die tydskrif kyk na die volle spektrum van Afrikaanse musiek, van popkunstenaars tot agter-die-skerms insae oor die Afrikaanse musiekbedryf. As ’n uitbreiding van die gevestigde Huisgenoothandelsmerk is Huisgenoot Tempo ’n hoë gehalte-tydskrif met intelligente en in diepte-artikels wat ’n sterk visuele impak maak.