Merafe het ’n wilde notering gehad en in 2008 ’n hoogtepunt van meer as 400c behaal. Toe volg beurtkrag, die vraag stort in duie en die aandeel daal tot onder 100c, waar dit die afgelope paar jaar voortsukkel en dan en wan na 200c beweeg. Die enigste bate wat Merafe besit, is ’n minderheidsaandeel – saam met Glencore – in die Glencore-Merafe-onderneming. Dit is die grootste ontginner van ferrochroom ter wêreld.
Onlangse resultate was sterk, maar wat my oog gevang het, was ’n 66%-toename in produksie terwyl pryse die hoogte inskiet. Voorraad was ook op R1,4 miljard en kontant byna R800 miljoen. Dit is R2,2 miljard in totaal, met die markkapitalisasie tans, teen ’n aandeelprys van 97c, op R2,4 miljard. Die mark het nooit van die minderheidsaandeel gehou nie, want…
