verlede maand het Statistieke SA aangekondig dat die jaarlikse inflasie in April tot 4,4% toegeneem het, teenoor 3,2% in Maart, wat effens hoër is as die verwagte syfer van 4,3%. Die laaste keer wat die verbruikersprysindeks (VPI)’n soortgelyke hoogtepunt bereik het, was voor die Covid 19-inperking in Februarie 2020, toe dit 4,6% bereik het voordat dit daarna in April tot 3% en in Mei tot 2,1% gedaal het.
Soos verwag is, het die SA Reserwebank (SARB) in Mei besluit om rentekoerse onveranderd te laat, aangesien die VPIsyfers onder die middelpunt van die inflasieteiken bly (naamlik 4,5%). Ondanks die effens hoër as verwagte inflasiesyfer het die effektemark skaars gereageer, en die rand het ook min reaksie getoon.
Wanneer inflasiesyfers beoordeel word, is dit belangrik om te onthou dat dit terugwerkend van…
