Ondernemings wat vinnig gediversifiseer en oorgeskakel het na bedrywe en produkte of dienste waarna ’n vraag in dié tydperk bestaan het, sal aanstaande jaar in ’n beter posisie wees, volgens dr. Jabulile Msimango-Galawe, senior lektor by die Wits-sakeskool.
Vier terreine waarop plaaslike KMMO’s aanstaande jaar dinge kan doen om die probleme weens die krisis te verlig, is volgens McKinsey om tegnologie te gebruik om nuwe klante te bereik of ’n onderskeidende waardestelling te bied, die ontwikkeling van duideliker strategieë vir marktoegang, die verbetering van doeltreffendheid en verkope, en die ontwikkeling van spanvaardighede en vermoëns, en leiersbemagtiging.
“Dinge is moeilik,” sê prof. Owen Skae, direkteur van die Rhodessakeskool. “Ek sou sê moenie klantediens verswak nie. Bly net daarop gefokus om jou bes te doen. Hou aan dink aan jou waardestelling, en…