In 2013 is wetgewing ingestel wat ’n nuwe beleggingstruktuur vir genoteerde eiendom geskep het, naamlik ’n eiendomsbeleggingstrust (reit). Dit het eiendomseffektetrusts en eiendomsleningsaandele vervang. Dié struktuur het Suid-Afrika se genoteerde-eiendomsektor in lyn gebring met internasionale standaarde, en dus ’n internasionaal vergelykbare bateklas geskep. Reits bied ’n belastingdoeltreffende skema wat vir aandeelhouers aantreklik is. Op sy hoogtepunt, sowat drie jaar gelede, ná ’n bulmark van twee dekades, was SA se reitsektor se markkapitalisasie sowat R600 miljard, vergeleke met R100 miljard in 2006. Dis ’n saamgestelde jaarlikse groeikoers van byna 17,5%.
Genoteerde eiendom is nog altyd beskou as ’n likiede, stabiele belegging met ‘n voorspelbare, groeiende inkomstestroom, tesame met potensiële kapitaalgroei. Die voorspelbare groei in huurinkomste wat deur SA reits behaal is, word gesteun deur die toename in die bestaande huurgeldstygings wat…
