SPDR S&P Oil & Gas Exploration & Production spoor S&P se uitgesoekte bedryfsindeks vir olie-engaseksplorasie en -produksie na. Dit bestaan uit 56 aandele. Die vyf grootste belange is EQT (6,3%), Range Resources (5,8%), Southwestern Energy (5,4%), Cabot Oil & Gas (5,2%) en CNX Resources (3,5%). Dit word op die New Yorkse aandelebeurs (NYSE) se Arca-beurs verhandel. Dié beursverhandelde fonds (ETF) het $2,1 miljard onder bestuur. Dit verhandel tans teen ’n algehele laagtepunt sedert die aanvang daarvan in 2006, of 80% laer as die algehele hoogtepunt (kyk na grafiek 12). Die ETF se dividendopbrengskoers is 3,13%. Energy Select Sector SPDR Fund hou 27 aandele en spoor die uitgesoekte energiesektorindeks na. Die grootste belange is Chevron (23,6%), Exxon Mobil (21,5%), Phillips 66 (5%), ConocoPhillips (4,9%) en EOG Resources (4,6%). Dit word ook…