ná vertragings toe Kenneth Brown, NasionaleTesourie se eerste hoofverkrygingsamptenaar, in Desember 2016 vertrek het, het die bekendstelling van die langverwagte Wetsontwerp op Openbare Verkryging uiteindelik begin. Die tesourie het die eerste konsep van die 75-bladsy-wetsontwerp op 19 Februarie vir openbare kommentaar beskikbaar gestel, vir insette voor 31 Mei.
Die wetgewing is sedert 2013 in die pyplyn toe Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, Brown aangestel het om die kantoor van die hoofverkrygingsamptenaar (KHVA) te stig om bestuurstelsels en –beleid van die regeringsverkrygingsen voorsieningsketting te hervorm om tenderbedrog uit te skakel en die tenderproses te vereenvoudig.
Maar pogings om skuiwergate toe te stop en staatsverkrygings op te knap, het ontspoor toe Brown, sy baas en voormalige direkteur-generaal van die tesourie Lungisa Fuzile, Gordhan, en Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, uit…
