SHOPRITE
Nie wonderlike jaar nie
Shoprite* se resultate virdie jaargeëindig 30 Junie is ’n storie met baie hoofstukke, sommiges somber. Plaaslik was die tweede helfte goed, met groei van 9,4% (4,9% vir die volle jaar wys hoe moeilik die eerste helfte was); die handelsmarge was 5,5% hoër, selfs met net onder 10 000 produkte se pryse wat die afgelope jaar nog in deflasie was. Maar die res van Afrika het R265 miljoen verloor ná, byvoorbeeld, ’n wins van R1,6 miljard in 2016. Dis weens hiperinflasie in Angola en swak geldeenhede in hul ander markte. Skuld het ook die hoogte ingeskiet, terwyl hulle skuld wat met die Amerikaanse dollar gekoppel is, probeer oplos. Dus, afgesien van een ligpunt (plaaslike supermarkte in die tweede helfte), was dit ’n aaklige jaar. Ek hou…
