Faktore wat tot Eskom se erge finansiële posisie bydra, is die miljarde wat munisipaliteite aan hom skuld en ’n voortslepende regsgeskil met die energiereguleerder, Nersa, oor sy jongste tariefverhoging.
Die munisipale skuld wat aan Eskom verskuldig is, het teen middel Mei op R13,9 miljard gestaan, het Eskom se voorsitter, Jabu Mabuza, gesê toe hy voor die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn het.
Party van die ergste oortreders is munisipaliteite in die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes. Die Maluti-A-Phofung munisipaliteit in die Vrystaat skuld Eskom R2,8 miljard, terwyl Matjhabeng, ook in die Vrystaat, hom R1,8 miljard skuld.
Eskom is op die oomblik besig om die kragvoorsiening aan wanbetalende munisipaliteite te onderbreek, sê Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe.
“Sommige van hulle het sedertdien begin betaal, en Eskom sal in die toekoms…