WAT IS KERNSPIERE?
Dr. Nicole Hilburn, ’n kinderfisioterapeut wat nou in Engeland klasgee, definieer dié spiere (core muscles in Engels) as die spiere wat werk om jou werwelkolom te stabiliseer sodat jy jou postuur kan behou. Dis dus die spiere van die bekken, heupe, buik en onderrug, asook die skouers.
Die buik- en rugspiere moet saamwerk om jou kern stabiel te hou. Hoe meer jy beweeg en hoe vinniger jy beweeg, hoe meer stabiliteit het jy van jou kern nodig om jou te ondersteun.
“Jou kernspiere behoort jou te help om jou dagtake met minimale inspanning uit te voer,” sê Nicole.
HOEKOM IS DIT BELANGRIK?
Met kernspiere wat die lyf ondersteun kan jou kind sy arms en bene met krag en doeltreffendheid inspan, sê Liz Senior, arbeidsterapeut en Clamber Club-stigter.…