Om in Frankryk op die platteland te bly, verg een ding van jou: om Frans te praat. My man, Theuns Kotze, voer gemaklik gesprekke in Frans, maar ek, aan die ander kant, ken 10 woorde wat ek skommel om saam met handgebare oor die weg te kom.
Met ons swangerskap is ons op ’n Dinsdagmiddag by die ginekoloog. Sy is werklik vriendelik, maar haar Engels begin en eindig by “hello” en “kidney”.
Pardon, vra sy om verskoning vir die koue toestel voor sy begin “roofkyk”, soos my pa sê. Dadelik verwyder sy weer die sonar en hoewel my Frans min is, verstaan ek tog toe sy opmerk: “Kyk, hier is een ...” Sy hoef nie die sin klaar te maak nie, want ek weet sommer wat volg: Hier is nog…