JOU LEESHOEKIE Het jy geweet?
Die uitgewer Jacana se diverse kinderboeke is in al ons landstale te kry, Afrikaans natuurlik ook. Moedertaalonderrig is só belangrik en sulke boeke help baie. Doen gerus ’n goeie daad en laat weet jou vriendinne of kollegas met ’n Afrika-moedertaal dat hulle pragtige, aangrypende kinderboeke in Xhosa, Zoeloe, Pedi, Sotho, Tswana, Venda of Tsonga kan koop. En ons moet sê, die pryse is heel skaflik ook. Gaan snuffel ’n bietjie op jacana.co.za om te sien wat alles te koop is.
SOEK IN DIE BOEK
Kies tussen Troeteldiere en Dinosourusse, of koop sommer albei. Kleintjies leer speel-speel danksy die kleurryke illustrasies, teks wat rym, dinge wat hulle op elke bladsy kan soek en ’n stewige handvatsel vir klein handjies. Dis die perfekte boekies om byderhand te…