1. EET VIR EEN
’n Glas laevetmelk, ’n vrug, ’n porsie groente, ’n sny brood en ’n hoenderboudjie per dag ekstra gee in die tweede en derde trimester ál die bykomende energie wat jy nodig het.
2. GEREELDE PEUSELHAPPIES
Naarheid of duiseligheid is soms die gevolg van lae bloedsuiker. Peusel aan vars vrugte of groente, ongegeurde jogurt of heelgraanbeskuitjies om jou bloedsuiker meer konstant te hou.
3. JA! VIR OMEGA 3’S
Dis nodig vir die ontwikkeling van jou baba se brein en oë. Eet een tot twee keer per week seevis soos snoek, bottervis, makriel, ansjovis, sardiens, sardyne, salm of haring, of gebruik ’n aanvulling. Kies vis met ’n lae kwikinhoud soos geblikte tuna (in water), garnale, salm en snoek. Vermy marlyn, haai, swaardvis en koningmakriel.
4. KRUIE IS NIE…
