RYMPIE VIR DIE KOP
Maak saam vir hom ’n hoedjie van papier deur ’n ronde stuk papier in die vorm van ’n hoedjie te vou. Julle kan die hoedjie eers verf voor julle dit op sy kop sit.
Leer vir hom dié liedjie: Een, twee, drie, vier, Hoedjie van, hoedjie van Een, twee, drie, vier, Hoedjie van papier. Het jy dan geen hoedjie meer Maak dan een van bruinpapier Een, twee, drie, vier, Hoedjie van papier.
GEDIG VIR HANDJIES
Handjies in die hoogte, Handjies in die sy, Vlieg soos ’n voëltjie
Teen die lug so bly.
Handjies in die hoogte, Handjies op die kop, Spring op een beentjie, Hop, hop, hop, hop, hop.
VINGERTJIES
Leer hom die name van elkeen van sy vyf vingertjies:
• Duimpie • Duimpie se maat • Langeraat • Fielafooi…