A, C & E
Sodra jou kind vaste kos begin eet, kan jy veral fokus op kos ryk aan antioksidante soos patat, wortel, pampoen, papaja, soetrissie (alles vitamien A), bessies, kiwivrugte, aarbeie, sitrus, groen blaargroente, botterskorsie (alles vitamien C) en avokado’s, neute en sade (alles vitamien E). Probeer waar moontlik kos in die natuurlikste vorm eet. Hoe meer ingryping daar was deur die mens, hoe meer voedingstowwe het al verlore gegaan.
PRE- EN PROBIOTIKA
As jou verteringstelsel goed werk, is jy weerbaar teen infeksies. Die sleutel is ’n dieet met genoeg pre- en probiotika. Natuurlike bronne van prebiotika is piesangs en aspersies, asook uie en preie. Maak sop of risotto en sluit knoffel ook in. Jy kan die probiotika ondersteun deur gefermenteerde kos by jou kind se dieet in te…
