WAT KAN BABA EET?
Vrugte Stukkies ryp piesang, ingelegde vrugtestukkies, avokado, snytjies gaar appel, sagte snytjies peer, komkommerstokkies, spanspekstukkies, waatlemoenstukkies, kiwi, stukkies ryp veselperske en gekookte perske.
Groente Saggekookte wortel, patat, aartappel, botterskorsie, broccoli, blomkool, aspersies en groenboontjies. Sny alles in blokkies of repies.
Vleis Stukkies hoender (baie klein of in repies gesny), visvingers, snytjies koue vleis, klein frikkadelletjies.
Ander Goed gekookte pasta, Fruit Loops- of Cheerios-ontbytgraan, repies sagte kaas, roosterbroodvingers, ryskoekies of tofublokkies.
Moenie jou baba vol lekkergoed stop nie! Dis nou die ideale tyd om hom gesonde eetgewoontes te begin leer.
SUPERWENK
As jou baba aanvanklik nie van ’n sekere soort vingerkos hou nie, bied dit ’n paar weke later weer aan. Dit verg soms ’n hele paar probeerslae voor ’n baba aan ’n nuwe smaak of tekstuur…
