Geduld en opstaan vir waarin jy glo. Heidi Smith (32), Centurion, Gauteng
Wysheid vir elke faset en gebeurtenis van sy lewe. Sagmoedigheid, sin van verantwoordelikheid, dankbaarheid vir alles, blydskap in alles, ’n positiewe uitkyk op die lewe en om te kan lag vir die krul van ’n duisendpoot. Lizelle Schoonwinkel (31), Meyerton, Gauteng
Dat ongeag wat in haar lewe gebeur, sy altyd die mooi in alles sal sien en positief sal bly. Chantelle Navias (29), Lephalale, Limpopo
Om altyd te help waar hulle kan, maak nie saak hoe klein die probleem is nie. Heidi Kotze (29), Kaapstad, Wes-Kaap
Wees mooi, vriendelik en geduldig met ander mense. Dit wys wat in jou hart aangaan. En geniet die lewe – dis ’n fees! Mariné Botha (48), Port Elizabeth, Oos-Kaap
Om groot te…
