V WATTER INENTINGSKEDULE IS DIE BESTE – PRIVAAT OF DIE REGERINGSKEDULE?
A Die Suid-Afrikaanse regering se Uitgebreide Immuniseringsprogram (Expanded Programme on Immunisation of EPI) laat toe dat alle kinders gratis teen die volgende siektes ingeënt word: polio, tuberkulose, witseerkeel, klem-in-diekaak, kinkhoes, siektes wat veroorsaak word deur Haemophilus influenzae B (Hib), rotavirusinfeksie, pneumokokkus-infeksie en masels.
In 2014 is die inenting teen die menslike papilloomvirus (MPV) wat servikskanker veroorsaak, by die staatskedule vir negejarige meisies gevoeg. “Die regeringskedule is omvattend en een van die bestes in die ontwikkelende wêreld,” sê die Kaapstadse pediater dr. Paul Sinclair. In die privaat sektor kan kinders bykomende inentings kry teen waterpokkies en hepatitis A. Die MMR-inenting (teen masels, pampoentjies en Duitse masels) is ook in die privaat sektor beskikbaar, sê Lee Baker van die Amayeza-inligtingsentrum, wat…