Ander mense kan soms die vreemdste dinge oor jou kinders kwytraak, al ken hulle jou en jou kroos van geen kant af nie. Wat is die snaaksste kommentaar oor jou kinders wat jy al in die winkel by ’n vreemdeling gehoor het?
AMANDA BOSCH (25), BRAKPAN, GAUTENG My dogtertjie is met ’n klompvoet gebore en het ’n paar maande lank gips gedra. Mense het altyd gevra: “Haai shame, wat maak julle met die arme baba?” of “Wie het haar seergemaak?”
MARYKE VERMEULEN (35), KRAAIFONTEIN, WES-KAAP My seun het lang, donker wimpers. ’n Vrou het na hom gekyk en gesê: “What beautiful eyelashes; just wasted on a boy.”
MUZELLE GREEFF (41), ORANJEMUND, NAMIBIË Ons kry dié een baie: “Ag moeder, is dit ’n tweeling?” Nee, dis ’n drieling. “Genade, ek wil…
