Tyd stel ons in staat om gebeure in ’n sekere volgorde te rangskik, terwyl kalenders en horlosies ons help om tyd in hanteerbare porsies op te breek. Dit bied vir ons ’n verwysingspunt waarvolgens ons dinge kan reël.
Om tyd te verstaan, moet jou kind begryp dat gebeure ’n bepaalde volgorde het, dat sekere goed voor of ná ander gebeur, dat daar iets soos gister, vandag en môre is, en ook ’n verlede, hede en toekoms.
Sy moet agterkom daar is ’n gereeldheid van gebeure (ons eet drie keer ’n dag), ’n ritme (weekliks of maandeliks) en dat tyd gemeet kan word in eenhede soos jare, maande, dae, ure, minute en sekondes.
Sy moet ook ’n woordeskat ontwikkel om haar te help beskryf wat in tyd gebeur.
Teen graad 1…
