ERICA NESER, BABAKENNER, STIGTER VAN BABY SLEEP ZZZONE EN SKRYWER
083 292 5252, ericaneser@gmail.com, babysleep.co.za, ericaneser.co.za.
Erica se nuwe slaapboek is gratis in ’n e-boekformaat op haar webtuiste beskikbaar.
UNA VAN STADEN, SLAAPKONSULTANT & EIENAAR VAN PIKANINI BABY ACADEMY
082 456 8566, una@pikanini.co.za, pikanini.co.za.
Die webwerf lullabytrust.org.uk bevat oulike wenke vir slaapveiligheid.
Jou baba is die mooiste, liefste ding in die wêreld, maar daar is net een probleem: Hy slaap byna glad nie. Jy lyk soos ’n uitgewaste lap en kry moordgedagtes as mense praat van babas wat, wel, soos ’n baba slaap.
Goeie slaapgewoontes kan ’n groot verskil maak, sê kenners, maar hoe op aarde kry ’n mens dit reg?
Begin deur rondom jou baba se eie ritme te werk, sê Erica Neser van Baby Sleep Zzzone, skrywer van…