Die Lapalala Wilderness School, wat meer as 30 jaar gelede deur Clive Walker en Dale Parker gestig is, het onlangs die deure na sy nuwe skoolgebou amptelik geopen. Die eko-gebou is deur die Parkerfamilie en die Mapula Trust befonds, onder die leiding van Dale Parker se seun, Duncan, met die steun van Gianni Ravazzotti en die Italtile-stigting.
Die volhoubare ontwerp van die nuwe skoolgebou maak doeltreffend gebruik van ruimte en energie, met minimale impak op die natuurlike omliggende landskap.
Die amptelike opening is deur Clive Walker, die Parkerfamilie, bestaande kliënte en skenkers, raadslede en die media bygewoon. ‘n Koor van die plaaslike Hoërskool Mphari het gaste vermaak voordat entrepreneur en akademikus, dr. Reuel Khoza, ‘n impakvolle kragtige toespraak gelewer het. ‘n Gedenkplaat ter nagedagtenis aan Dale Parker is onthul, gevolg…