Verwelkom Avontuur Afrika, ‘n nuwe, opwindende en diverse platform wat beide Afrikaanse en Engelse drukweergawes insluit, asook ‘n sterk digitale platform vir kampeer- en landreisentoesiaste om saam te kuier en te gesels.
You’re off to great places. Today is your day! Your mountain is waiting so get on your way!– Dr Seuss My naam is Liana en ek is ‘n avontuur-groentjie. Ja ek weet dit klink sleg, veral siende ek die redakteur van ‘n avontuurtydskrif is. Maar voor julle oordeel, laat ek eers verduidelik. Met avontuur bedoel ek landreis. Die verkenning van die ongerepte skoonheid van ons kontinent. Om jou veldvoertuig te laai met kos, water en wat ook al ‘n landreisiger nog nodig het om te oorleef en die pad te vat om die groot onbekende te gaan verken. Natuurlik het ek al heelwat veldryery gedoen. Ek weet hoe om ‘n tent op te slaan en ek kan ‘n ordentlike vuur maak. Ek het al in ‘n tent op ‘n soutpan…
Briewe van ons lesers Louis Krouwkamp skryf: As deel van die Avontuur Afrika span wil ek graag vir Avontuur Afrika se Anton en Mary Willemse gelukwens met die visie en drome wat julle met die toekoms van “ons” tydskrif het (soos gedeel in verlede maand se “Welkom” seksie – ek sien veral uit na die beplande TVprogram!). Ek sê spesifiek “ons tydskrif”, want om deel van dié span te wees, maak ons familie. Ek weet baie van ons lesers deel dieselfde sentiment, want die bydraes en kommentaar beaam dit. ‘n Mens kry ‘n samehorigheidsgevoel as jy die kommentare en bydraes lees, in harde kopie en op sosiale media. Dis al asof dit ’n groot familie is wat deur Avontuur Afrika saamgesnoer is. Daar is ‘n besliste “ons” in dit wat…
Ons is ‘n gesin wat nie sommer die dringende roep van ‘n avontuur ignoreer nie. Meer onlangs het vroulief gesê sy is lus vir ‘n strand avontuur, ver weg van die gebaande pad, om weg te kom van gewoel van die stadslewe… Ons wou egter nie te ver van ons Durbanse basis reis nie – so waarheen sou die pad ons lei? Ná ’n bietjie navorsing het ek op Mtentu in die Oos-Kaap afgekom, net 200km suid van Durban – van dit wat ek op die aanlynforums gelees het, het dit alles waarvoor ons kon hoop en selfs meer gebied! Die pragtige ongerepte Oos-Kaapse strande bly ‘n gewilde bestemming vir avonturiers en veral vir die vissermanne onder ons. Die kuslyn strek so ver as wat die oog kan sien en…
ALIWAL NORTH BARRYDALE BLOUBERGSTRAND CAPE TOWN DE AAR DURBAN GARIES HERMANUS IRENE KOEGA MAKHADO MBOMBELA MORONE NARIEP ORANIA PATENSIE PLETTENBERG BAAI RAMA SALT ROCK SOWETO STRAND TONGAAT VLEESBAAI WORCESTER ALMA BEAUFORT WES BOONS CERES DE RUST EAST LONDON GEORGE HILTON J’BAY KOSIBAAI MAMRE MIER CERES MOSSELBAAI NEBO ORKNEY PATERNOSTER PONGOLA REITZ SCARBOROUGH SPRINGBOK MAMRE STRANDFONTEIN TZANEEN VREDE (X2) AMALIA BELA BELA BOSHOF CIKA DERBE ELIM GONUBE HOGSBACK KAROS KOSTER MAPELA MIGDOL MTHATHA NIGEL OUDTSHOORN PELLA PORT ST JOHNS REIVILO SKUKUZA SPRINGS SUTHERLAND UGIE WELKOM AMSTERDAM BELL BRITS CLARENS DULLSTROOM ELLIOT GRASKOP HOUTBAY KLAWER MACLEAR MARGATE MONTAGU MUSINA NOUS PAARL PENGE PRIESKA RODE SODWANA STELLENBOSCH TAUNG ULUNDI WELLINGTON ASKHAM BANK BEREA CALITZDORP CRADOCK DUNDEE ESHOWE HEIDELBERG HOWICK KNYSNA MAGALIESBURG MARKEN MOOIRIVIER NAMIES OKIEP PARYS PILGRIMSREST PRINCE ALBERT SABIE SOMERSET WES STORMSRIVIER…
Chery was die afgelope tyd taamlik besig met ‘n aggressiewe modelaanslag wat reeds die plaaslike bekendstelling van die Tiggo 4 Pro en sy groter broer die Tiggo 8 Pro gesien het. Die jongste toevoeging tot die plaaslike reeks is die Tiggo 7 Pro, wat tussen die twee inskuif en hope tegnologie, luukshede en ‘n moderne ontwerp bied. Daar is twee modelle om van te kies – Distinctive en Executive – en die vyf-sitplek nuweling ding mee in die boonste middelslag-SNVsegment van die mark. Hierdie “middelkind” van die Chery familie deel baie van die ontwerp-kenmerke van die Tiggo 4 Pro en die Tiggo 8 Pro. Die opvallendste hiervan is ‘n seskantige sierrooster met driedimensionele diamantvormige aksente, langwerpige voorligte wat van die sierrooster na die begin van die skouerlyn loop en die…
As deel van die handelsmerk se opgedateerde modelreeks het die nuwe Opel Mokka onlangs in Suid-Afrika aangeland, kort op die hakke van die innoverende Opel Zafira – en te oordeel aan sy voorkoms is dit beslis ‘n kompakte SNV wat in die skare sal uitstaan. Twee modelle is plaaslik beskikbaar: die Mokka Elegance en Mokka GS Line, albei aangedryf deur ‘n turboaangejaagde 1.2-liter petrolenjin met ‘n agtgang outomatiese ratkas. Die Opel Mokka se bekroonde petrolenjin is nie net ekonomies nie, maar bied ook dinamiese doeltreffendheid en ritgerief. Die 1.2-liter turbo-aangejaagde petrol-eenheid lewer 96kW teen 5 500r/min en danksy lae interne wrywing en responsiewe turbo-tegnologie, laat dit die lewering van hoë wringkrag teen lae toere toe. Ten spyte van sy krag, bied hierdie geheel-aluminium-enjin met ‘n agtgang outomatiese ratkas brandstofverbruik van…