Die langste slang ter wêreld, is die netluislang van Asië wat? indrukwekkende 7.5 m lank kan word, terwyl die groen anakonda van Suid-Amerika 6.55 m bereik, maar meer lywig is. Die Suider-Afrika luislang, voorheen bekend as die rotsluislang, terwyl dit nog 'n subspesie van die Oos-Afrika rotsluislang was, bereik soms tot 6 m in lengte, maar oorskry selde 5.5m.
Dit is verreweg ons langste en lywigste slang en kom van die Oos-Kaap deur KwaZulu-Natal tot by Mosambiek, Swaziland, Gauteng, Limpopo, Noordwes en verder noord, waar dit in die bosveld te vinde is, voor. Hierdie slang is ‘n uitstekende swemmer en verkies water, maar soek dikwels skuiling in erdvarkgate.
Die Suider-Afrika luislang is hoofsaaklik snags aktief en lok sy prooi in ‘n hinderlaag. Dit voed op warmbloedige prooi soos dassies, rietrotte,…