In die Weg-geledere wil ons altyd weet: Hoe hou jy die lekkerste vakansie? Ek is lief vir die natuur en kamp en stap graag. Met ’n baba in die huis het dié liefdes die laaste paar jaar agterweë gebly, maar noudat my spruit, Zac, twee geword het, wil ek hom graag ook aan dié lekkertes bekend stel.
Tuis is ek ’n boekwurm wat hou van tuinmaak, selfdoentakies, naaldwerk en fliek. En ek sal my lewe gee vir lekker pasta.
Waarna kan Weg se smulpape uitsien? Ek hou van kos wat indrukwekkend lyk, lekker smaak, maar eintlik min moeite is om te berei. Ek wil vir Weg resepte skryf wat mense, ongeag waar hulle vakansie hou, aanspoor om te kook – of dit nou in ’n beperkte selfsorgkombuis of oor ’n…
