Rodrigo is getroud met Melissa, en vir hulle en hulle twee kinders, Sofia (10) en Marcelo (5), was hulle Comfort meer as een keer hulle eintlike tuiste.
’n Reis van sewentien dae het voorgelê, al die pad tot by die suidelikste punt van Afrika én terug, met ruskanse by kampplekke. Volgens beplanning sou hulle nie meer as 600 km per dag aflê nie en minstens twee dae oorslaap waar hulle aftrek. Dit sou hulle genoeg tyd gee om die omgewing te verken.
Hulle senuwees was skoon op hol: Het hulle iets nagelaat, gaan hulle meganiese probleme kry, gaan iemand siek word, en, die belangrikste, gaan hulle dit geniet?
Die eerste dag was op hande, en die Forever Gariepdam-oord in die visier.
Rodrigo neem ons saam op reis.
Die 600 km…