Piet Boshoff
Dit het my 27 uur geneem om van die Soedan af Egipte binne te ry. Eers wou die owerheid nie die Carnet-dokumente (papiere vir internasionale doeane en tydelike uit- en invoer) aanvaar nie. Ek het die daktent opgeslaan en die volgende dag kon hulle my help.
Dit het sowaar twee weke geneem om Egipte by Alexandrië te verlaat. Ek het eers op die laaste dag uitgevind wat die probleem was: Dié grenspos se papierwerk en ons voertuig se Egiptiese nommerplate het verskil. Ons het dit nie geweet nie, want dit was alles in Arabies.
Cedric Pieterse
Ek was al deur Lesotho, Eswatini, Mosambiek, Tanzanië, Malawi, Zambië, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Angola, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, die Soedan én Etiopië, en het al heelwat kreatiewe metodes gesien…