Steakbroodjies
Smulburger
Maak heerlike middagetebroodjies – al wat jy nodig het, is gisteraand se oorskietsteak en kraakvars koolslaai.
Jy benodig (genoeg vir 4)
• 1 klein rooikool, fyngesny• 1 klein groenkool, fyngesny• ½ rooiui, in dun skywe gesny• 1 wortel, in dun repies gesny• 1 knoffelhuisie, fyngekap• 1 toontjie gemmer van 2 cm, fyngerasper• 1 eetlepel suiker• 2 eetlepels witwynasyn• sout en swartpeper• 4 hamburgerrolletjies• 300 g gaar steak, in dun repe gesny Só maak jy 1 Meng die twee koolsoorte, ui, wortel, knoffel, gemmer, suiker en witwynasyn saam in ’n mengbak, geur dit met sout en swartpeper en laat dit vir 30 minute marineer.
2 Sny die rolletjies middeldeur en rooster hulle vir ’n minuut of twee in ’n pan of oor jou kampvuurkole tot hulle mooi goudbruin is.
3 Bou vir julle hamburgers met ’n paar skywe steak…
