Ons het die afgelope drie jaar drie keer by Wawielpark gekamp en ons geniet dit elke keer. Die atmosfeer is rustig en die kampplek ruim en skoon. Van die staanplekke is geplavei, ander is weer op gras en sowat 15 lê omtrent teenaan die Vaalrivier. Hier is meer as genoeg te doen, veral vir kinders. Dit wissel van ’n waterwurm tot ’n minigholfbaan, ponieritte en hengel in die rivier. Vir my vrou, Therese, is die grootste attraksie die onderdakwarmwaterswembad, om nie te praat van die restaurant, kroeg en snoepwinkel nie.
Die visse wat ons uitgetrek het, was nie een onder 4,5 kg nie. My kleinseun, Kiaan de Kock, het selfs met ’n “grote” van 3,5 kg weggestap. My seun, Morné, kon spog met een van 9,2 kg. As jy eers…
