Die lekker van die Suidkus is dat jy nie elke dag hoef af te sit na dieselfde strand nie. As jy byvoorbeeld naby die Suidkus se grootste dorp, Port Shepstone, kamp, is jy net ’n entjie van ’n rits strande, die hoogland én die Oribiravyn af.
Jy kan in die kar klim en, sonder om ver te ry, by ’n ander strand as gister gaan lyf natmaak. In die 25 km van Port Shepstone tot by Southbroom in die suide lê plekke soos Shelly Beach, St. Michaels-on-Sea, Uvongo, Margate en Ramsgate. As jy die pad noord vat, is Umtentweni se strand net 4 km ver en Southport se Blouvlagstrand nie eens 10 km nie. Nog 15 km verder kom jy by Hibberdene, en van daar af is dit net minder…
