– Hemel-en-Aardevallei, Overberg –
Op hierdie foto, wat in die Hemel-en-Aardevallei geneem is, word ’n dramatiese silhoeët deur ’n dubbele reënboog omraam. Eers later het ek besef presies hoeveel die foto die gees vasvang van iets waarna ek so lank onbewustelik op soek was.
Ek kom al baie jare na hierdie wonderlike land toe vir werk en besigheid, en was nog altyd bekoor deur ’n sekere “iets” wat ek nie mooi in woorde kon omskryf nie. ’n Kombinasie van landskappe, lig, lug, mense, geure, gesigte en klanke. Maar dit was meer as dit; daardie “iets” het gegaan oor burgers, oor gemeenskappe, oor landelikheid, oor ’n eerlike geswoeg en ’n soeke na ’n vervullende bestaan.
Maar dit was selfs meer. Dit was ’n rykheid van gees, ’n kreatiewe en fyner manier…