Steve Braine, voëlgids en eienaar van The Naturalist Collection, vertel waar die beste plekke in Namibië is om geveerdes af te merk (bl. 34).
Hoekom voëlkyk? Dis in die gene. My oupa, Herbert Hambly Parker, het met voëls geteel. Trouens, hy het die eerste boek oor voëlteelt in Suid-Afrika geskryf, Aviculture in South Africa. My pa, Jack, was ook ’n ywerige voëlkyker, en het vetplante en plante versamel. Ek het grootgeword op ’n piepklein plekkie, Kombat, tussen Otavi en Grootfontein in die noorde van Namibië (toe nog Suidwes-Afrika!) in ’n familie van natuurkenners – daar was altyd ’n klomp interessante goeters in en rondom die huis.
Hoekom voëlkyk? Dis in die gene. My oupa, Herbert Hambly Parker, het met voëls geteel. Trouens, hy het die eerste boek oor voëlteelt in…
