Die groot klavier is die fokuspunt van die woonvertrek in haar nuwe tuiste.
Magda, wat nou “so rondom 70” is, het in die lente van 2019 in dié meenthuis in Randburg, Johannesburg, ingetrek. Dit ná ’n twee jaar lange “sabbatstyd” toe sy by haar dogter, Bernice du Toit, en dié se gesin in Victorypark in Johannesburg gewoon het. Magda se seun, Wénèf, en sy vrou, Marieta, en dogtertjie, Emma, woon in die Kaap.
Die vertrekke hier is vol sonlig en spesiale meubels, prente en herinneringe.
“Elke ding hier het betekenis,” vertel Magda oor ’n koppie tee, keurig in fyn geblomde koppies voorgesit.
Daar’s ’n geraamde tekening van haar man (die geliefde akteur Zack du Ples sis) saam met die rugbylegende Frik du Preez by die ingangsportaal. Dis deur die bekende…