Hoe word mens gelukkig oud? Is knorrig wees deel van ouer word? Hoe straal jy lewensvreugde uit en word jy iemand wat selfs jonger mense beïndruk? Hoe leef jy só dat jy ’n voorbeeld vir ander van jou ouderdom is, ten spyte van skete en pyne?
“Om ouer te word, is ’n normale, natuurlike proses,” sê Sorika de Swardt, ’n maatskaplike werker. “Om weerstand daarteen te bied, is ’n vermorsing van kosbare energie en tyd, maar om óúd te word, is ’n keuse. Wanneer jy dink dat jy by ’n doodloopstraat in jou lewe gekom het, is jy oud.”
“’n Mens kan kies om aan te hou groei en te leer en dinge te ontdek – dan word jy nooit oud nie,” sê Louis Holtzhausen van Retire@Midstream-aftree-oord naby Centurion. Louis…