As musikant, dosent met ’n doktersgraad in grafiekteorie, deesdae ook boer, en soos hy homself noem, generalis, glo dr Gerhard Benade aan eenvoud.
Op soek na die ideale omgewing – afsondering en ongerepte natuurskoon – om sy droom van ’n musiek- en kunsseminaar-sentrum te verwesenlik, het hy in 2004, ná tien jaar as vryskutfagottis in Duitsland, die plaas Deelfontein in die Vredefort-koepel gekoop.
“Stilte, sonder aandagafleiding is in ons samelewing baie skaars en dit word al hoe duideliker dat presies dit vir doeltreffende leerervarings onmisbaar is,” sê Gerhard.
As klein pikkie van om en by drie het Gerhard en sy gesin van ’n plaas naby Bray op die grens van Botswana na Pietermaritzburg getrek. “Met sy ingenieursdiploma was my pa onderwyser aan ’n tegniese kollege. Hy was ook musikant en…
