Louis Minnaar bestel ’n grondboontjiebotter-smoothie, Nadine ’n dubbele skeut cappuccino. Hulle het ’n uur afgeknyp uit hul volgepakte skedule om my hier by ’n gewilde eetplek in Hazelwood, Pretoria, te ontmoet.
Smoothies is iets wat Louis dikwels tuis vir ontbyt maak. Ja, hulle is regtefoodies, erken die twee innemende jongmense. Daar is min tyd vir TV kyk, want hulle werk vele aande, maar hulle is verslaaf aan Masterchef Australia.
“Ons hou van nuwe kostendense en kook albei, maar deesdae maak Louis meestal die kos, want ek bly besig met klein Lukas (10 maande) se roetine van bad en voer.”
Louis is versot op Thai- en Indiese cuisine, veral kerries, terwyl Nadine vars geregte, slaaie, groentedisse, oondgebak en soppe verkies. “Ons hou nie veel van boerekos nie, dit is te uitgekook…
