Baie mense in Suid-Afrika noem dit spinasie, maar die regte naam is eintlik blaarbeet oftewel Swiss chard. Hierdie heerlike, voedsame en mooi blaargroente is ’n lid van die beetfamilie.
Beta vulgaris subsp. vulgaris word al duisende jare in Europa gekweek, maar dis weens sy gewildheid in Switserland wat dit Swiss chard genoem word.
Blaarbeet proe vorentoe en is ’n goeie bron van vitamien A, K en C.
Studies het gewys dat blaarbeet veral goed daarin slaag om minerale uit die grond in sy blare op te neem, veral magnesium, yster, koper, kalium, kalsium, fosfor, sink en mangaan. Dit is ook baie hoog in vitamien K, wat die enigste vitamien is wat in die liggaam vervaardig word, maar nie daar gestoor word nie.
Ons het 25% per…
